Oorsig

Hoërskool Frikkie Meyer het omtrent hulle voete geroer met vanjaar se atletiek.  Met hard oefen, hope talent en wilskrag het ons atlete uitmuntende prestasies in 2019 bereik.  Ons glo wat Wayne Gretzky gesê het: “Failing to prepare is preparing to fail.” daarom oefen ons nie net nie, maar ons beplan, ons stel doelwitte en ons stop nie, tot ons oorwin het nie.

Prestasies

Ons eindig tweede tydens vanjaar se interhoër en wen in totaal 70 medaljes.  Van daardie 70 is; 20 eerste plekke, 30 tweede plekke en 20 derde plekke.  Verder wen ons senior dogterspan, vir die derde keer, die Senior Dogterspan Trofee. 

Ons is trots op Tshimiswa Nemavhola en Chenell Fouché wat Limpopo-kleure ontvang het.  Albei van hulle het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.  

Chenell Fouché
 
 
 
 
 
 
 
 
Tshimiswa Nemavholo