Frikkie Meyer se skuts is vanjaar besig om te kook. Nie net het ons talle provinsiale, nasionale en Protea skuts nie, maar hulle gaan ons ook gedurende die Wintervakansie by ARFAC (African National Archery Championships) te Lusaka, Zambië verteenwoordig. Ons eie Me. Bianca Kleynhans is nie net die organiseerder van hierdie unieke sportsoort nie, maar het self ook haar Protea-kleure in boogskiet ontvang. Wel gedaan Frikkies, julle maak ons trots.