Hoërskool Frikkie Meyer is trots op hulle vyf hokkiespanne. Hier werk die afrigters, spelers en ondersteuners almal saam om nie net GEES te skep nie, maar ook ‘n gevoel van familie. Die spanne toer elke jaar na verskeie bestemmings om hulle talente te ontwikkel. Hulle neem deel aan die Limpopo-liga en ook die PUK-reeks. Hierdie spelers ken nie van opgee nie en en leef by die leuse: “Do you remember that girl who gave up? Neither does anyone else.”