Redenaars

Oorsig

Hoërskool Frikkie Meyer neem deel aan voorbereide en onvoorbereide redenaars.  

Prestasies

Vyf van ons leerders het deurgedring na die ATKV semifinale; Elodi van Emmenis, Ané Viljoen, Izandri Joubert, Stiaan Joubert en Anthony Opperman.  

Ons is baie trots op Izandri Joubert wat ‘n 7de plek behaal het en Stiaan Joubert wat tweede plek behaal het by die ATKV semifinale.  Stiaan dring dus deur na die nasionale finaal wat op 2 Augustus plaasvind.