Oorsig

Hoërskool Frikkie Meyer se swemklub oefen elke dag om hulle talente nog verder te ontwikkel.  Daar is twee swemgroepe, ‘n junior-en seniorspan.  Almal is welkom, want hier by Frikkie Meyer is ons nie net spanmaats nie, ons is familie. 

Ons beoog om binnekort ‘Learn2Swim” ook aan te bied, hou die webblad dop vir verdere ontwikkelinge.

 

Prestasies

Frikkie Meyer is trots op ons swem-uitblinkers:

Jnr Victor Ludorm: Tristan Brits (Hy het drie goue medaljes gewen en ses rekords verbreek).

Jnr Victrix Ludorm: Kristin Lottering (Sy verwerf ses goue medaljes en verbreek 4 rekords).

Snr Victor Ludorm: Henko van der Linde (Hy wen vyf goue en een silwer medalje).

Snr Victrix Ludorm: Wilmien Schutte (Sy wen vyf goue en een brons medalje).

Die swem interhoër vind in die derde kwartaal plaas.  Ons kan nie wag om te sien wat ons swemmers gaan doen nie.

Tristan Brits eindig onderskeidelik 19de in Borsslag en 24ste in Vryslag.